106 Voorts word voorsiening gemaak vir voorverhoorkonferensies n voorverhoorkonferensie mag deur n hof aanbeveel word ten einde tussen die partye te bemiddel, om geskille sover moontlik op te los, of om die kwessies wat deur die hof oorweeg moet word, beter te definieer;107 gesinsvergaderings die Kinderhof mag van n gesinsvergadering gebruik maak ten einde oplossings vir geskille te vind en n die vergadering sal die aangeleentheid steeds na die hof verwys word, maar indien die partye n skikking bereik het, sal die hof hierdie skikking ondersteun indien dit in die beste belang van die kind is;108 asook ander lekeforums dit sluit gewoonteregtelike owerhede in, en die Kinderhof sal die verslae van hierdie owerhede in sekere omstandighede oorweeg. 109 Bemiddeling word ook gempliseer in verskeie bepalings van die Childrens Act. 110 Voorkomende geskilbeslegting speel n rol by die opstel van ooreenkomste wat ouerlike verantwoordelikheid en regte reguleer. n Goed opgestelde ooreenkoms help om toekomstige geskille te reguleer en verhoed dat sulke geskille in die hof beland. Die Childrens Act maak ook voorsiening vir die skikking van sake buite die hof. 111Uit die voorgaande bespreking van die onderskeie jurisdiksies is dit duidelik dat daar aansienlike klem op alternatiewe geskilbeslegtingsmetodes, soos bemiddeling, gesinsvergaderings en voorverhoorkonferensies geplaas word.